Search This Blog

Wednesday, September 4, 2013

WAAR WAS HY

Iemand vra die vraag.  “Waar is God as die kindertjies vermoor en verkrag word?”  Iemand anders antwoord. “Op dieselfde plek waar Hy was toe Sy Seun Jesus gekruisig was.  NêRENS !

Het jy al só daaraan gedink?  Waar was God toe Sy Seun aan die kruis gehang het?  Waar is Hy vandag in hierdie mal en deurmekaar wêreld?  Was daar ‘n God?  Is daar ‘n God?  As daar ‘n God  is, waarom gryp Hy nie in soos in die ou tyd en straf al die godeloosheid nie?  Of wag, miskien straf Hy tóg die mensdom vandag!?  Miskien is dit die rede  waarom daar so baie dood en verwoesting op die aarde is!  Miskien is dit waarom daar so baie siektes en aardbewings is!?


Dan sê iemand anders. “Jy hoor net van al hierdie wonderwerke soos dooies wat opgewek is, siekes wat gesond word en al die ander dinge soos in die Bybel opgeskryf is en meer as 2000 jaar gelede plaasgevind het.”  “ Moet Hom dus nie vandag op die proef stel nie, want as Hy bestaan sou Hy dit ook vandag gedoen het.  ‘n Andere sê:  “En selfs die predikers sê ewe rustig aan sy moedelose en siek gemeentelede wat nie gesond word nie.  Jammer mense, maar julle het nog nie ‘n lang genoeg pad met God geloop nie.  Moenie verwag dat Hy nou al gunsies en gawes aan julle sal uitdeel nie”  Andere sê weer, “nee, daar is ‘n God, maar die tyd van wonderwerke is ongelukkig verby. Gaan maar kerk toe, gee jou geld,  probeer net reg lewe, hou elke gebod een honderd persent reg (of probeer darm om dit so goed as moontlik te hou)  en jy is op die regte pad.”

Waar was Hy toe Sy seun aan die kruis verneder was?  NêRENS ?, of het Hy tog daar  iewers  hoog bo in die hemel met wraak in  Sy hart sit en kyk  oor alles wat hier onder op die aarde aangaan?

Hierdie woordjie  “NêRENS” het in my gedagtes bly vassteek toe ek dit hoor,
toe dink ek.  DIT IS SO!  Terwyl Hy voor Pilatus staan om veroordeel te word,
vra Pilatus aan die skare: “ Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word
Christus?”  Met niemand om Hom te verdedig nie, skree hulle: “ Laat Hom
gekruisig word!”  Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat
gésel en oorgelewer om gekruisig te word.   En nadat hulle Hom bespot het,
trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om
gekruisig te word. 



Behalwe vir Sy moeder, ‘n paar vroue en die dissipel Johannes, het Hy alleen daar aan 
die kruis gehang.  Sy volgelinge het almal bevrees weggehardloop toe Hy gevange 
geneem is en Judas, die veraaier, het selfmoord gepleeg.  Daar het Hy gehang terwyl
die verbygangers  Hom gesmaad het en  hulle hul hoofde  geskud het en sê: “Ha, U 
wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, verlos Uself en kom af van die kruis!”  
Net so lekker het die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir 
mekaargesê: “Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.”  So is Hy, Jesus, 
saam met  twee rowers gekruisig, een aan die regter— en een aan die linkerkant.  En toe 
die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat 
‘n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk 
gewewe.  So is die profesie dan ook vervul  wat sê: “En hulle het vir mekaar gesê: Laat 
ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees”




Terwyl hierdie Jesus aan die kruis gehang het, verag en deur die mense en God
verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid;  ja, so was Hy een vir wie
‘n mens sy gelaat verberg;  Hy was verag en niemand  het Hom  geag nie. 
(Jes.53:3)  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié
het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan
en verdruk was.  Daarom kom die vraag:   Waar wás die God wat voor Petrus,
Johannes en Jakobus met ‘n hoorbare stem gesê het: “Dit is my geliefde Seun;
luister Hom!?”(Lukas9:35)  

 

 En so breek die negende uur aan en Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: “Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?”   En Jesus het uitgeroep en gesê: ”Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.” 




Waar was God dan toe Jesus daar gesterf het?  Hoekom het Hy hom dan nie
gehelp en die goddelose Jode met weerligstrale uitmekaar geslaan nie?  Die
antwoord hierop het ek in die volgende gevind:



                                                   Jesus se verhaal



Die verhaal van Jesus se lewe begin waar Hy in die krip in Betlehem in Judea
gebore is.  Sy geboorte is alreeds jare voor die tyd deur die profeet Miga
geprofeteer.  Hy het geprofeteer.  “En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees
onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser
in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die
ewigheid.” (Miga5:2)   God het reeds baie jare tevore besluit on Sy Seun, Sy enigste Seun, vir die sondige wêreld te stuur om as ‘n finale offer vir die sonde gedood te word.  Hy, Jesus, sou die prys betaal vir die hele wêreld se sonde.  In Johannes 3:16 lees ons die volgende:   “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Dít was die genade plan van God vir ‘n verlore gaande wêreld.  Terwyl Jesus Hom deur Johannes die doper laat doop het, kom daar ‘n Stem uit die hemel wat sê: “U is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” 



Jesus het ‘n bediening van drie en ‘n halwe jaar hier op aarde gehad.  In hierdie
tyd was  daar duisende siekes deur Hom  genees, mense is hul hul sondes
vergewe,  dooies is lewend gemaak  en die blye boodskap van verlossing is
verkondig.



                                                     DIE  HOOFREDE



Die hoofrede waarom God Sy Seun na die wêreld gestuur het, was:  God het
Sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel vanwëe die
sonde  nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word!  Hy, Jesus, het die
veroordeling op Hom geneem sodat ons, wie die straf verdien, nie meer gestraf
moet word nie.  Hy is gestuur om die plek van die finale offerlam in te neem.
Dit beteken dat die genade van God op die mensdom neergedaal het. Genade
en nie veroordeling nie.  Genade in die vorm van ‘n offerlam, maar hierdie keer
is die offerlam die enigste Seun van God.



Hierdie offer sou die laaste van alle bloed offers wees.  Deur hierdie offer sou
God Sy genade en liefde op alle mense op die aarde uitstort.  God wou Sy
genade oor die mens uitstort en die mens vryspreek van veroordeling.  Hy wou
die mense hulle sonde en ongeregtigheid vir goed vergewe en almal regverdig
voor Hom verklaar.  Die mens sou deur Sy genade  sonder verdienste (sonder
om bloed-  en brandoffers te bring – sonder om self te probeer) geregverdig
word, deur die verlossing wat in Christus Jesus is.(Rom.3:24)  Hier lees ons :  En
hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing
wat in Christus Jesus is.  Om ons te red moes God Sy Seun stuur om die mens
vry van die binding van die wet te maak.  Dit moes gebeur omdat niemand uit
die werke van die wet voor Hom geregverdig kan word nie.  So word die mens
dan deur die geloof geregverdig en nie deur die werke van die wet nie.



God het ‘n verbond gemaak.  God het geen behae meer in slagoffers en
spysoffers gehad nie. ( Soos in die ou testamentiese tye nie) (psalm 40:6)
Daarom het Hy ‘n verbond gesluit en gesê:  “Ek sal my wette gee
in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en
hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.”  (Heb. 10:16-17)  Waar daar
nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.
Jesus was die offer vir ONS sondes en óns ongeregtigheid. In 1Kor.6:10 lees
ons:  “  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of
wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of
kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.”  Maar dan
voeg die apostel by;  “En dit wás sommige van julle”  “Maar nou het julle julle
laat afwas en is geheilig en julle het regverdig geword in die Naam van die Here
Jesus en deur die Gees van onse God.  Dit beteken dan nou dat as ons
geregverdig is in sy bloed, ons  deur Hom gered is en gered  word van die
toorn.  GOD  SELF HET JULLE REGVERDIG VERKLAAR!,  maar alleen deur die
geloof in Jesus Christus.




Om ons te help om as regverdiges te lewe, het God ook ‘n plan gehad.  Hy het
vir ons die Heilige Gees gestuur.  In die ou testamentiese tyd toe die mense
slegs die wet gehad het om volgens te lewe en daarvolgens  veroordeel te
word, was die Heilige gees nog nie op alle mense uitgestort nie maar  alleen op
uitgesoekte mense.  Ons dink aan Elia, Elisa ensovoorts.   




Terwyl Jesus op die aarde was het hy gesê:  “Dit het Ek tot julle gespreek terwyl
Ek by julle bly;   maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam
sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle
gesê het.”  (Joh.14:25-26)  Wat Hy vir hulle probeer sê het is dit:  Ek gaan nie
altyd by julle wees nie, Ek sal die offerlam vir die wêreld word soos my Vader
dit in Sy Grootheid en liefde vir die verloregaande wêreld beplan het.  My
Vader sal nie meer van julle verwag om onder die wette wat so moeilik is om in
julle eie krag te hou gebukkend te gaan nie.  Hy gaan dit nou vir julle makiliker
maak om regtig  te lewe.  “En Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle
sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (2Kor. 6:18)
Julle sal nie meer slawe onder die wet wees nie.  En daarby het God ook
belowe dat Hy die Heilige Gees na die mense sal stuur om IN DIE MENSE te
woon, en hulle helper en Voorspaak by God te wees.




In Jesaja 44:3 het die profeet reeds voorspel dat die Heilige Gees in die mens
sal kom bly.  “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë
grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.”   “En
Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel
en my verordeninge onderhou en doen,” sê Jesaja 36:27.



Jesus sê in Johannes 14:26 : “maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die
Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan
alles wat Ek vir julle gesê het.”   Met die werk van Jesus as Verlosser van
sondes en siektes en ongeregtighede aan die kruis en ook die inwoning van die
Heilige Gees in ons lewe, is ons vry!  Vry om nie meer soos in die ou
testamentiese tyd onder die juk van slawerny van die wet wat veroordeel te
lewe nie.  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
(Joh.8:36)  Daar was dus slegs één offer nodig om volkome vry te word van die
ou verbond van straf en oordeel.  Want deur één offer het Hy vir altyd volmaak
die wat geheilig word.  Die Heilige Gees is dan ook aan ons gegee om aan ons
getuienis te gee.



Hy het ook gesê:  “ Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae,
spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart,  (nie meer op klip
tafels nie) en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,  en aan hulle sondes en hulle
ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.”   NOOIT MEER DINK NIE!



Mense, onthou en ding.   Die mens word dus nou geregverdig deur die geloof
sonder die werke van die wet - die wet van die ou testament.  Nou sal jy
miskien vra:  “Hoe nou? Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof?  Nee
stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” Wat wel gebeur is:  Ons is nou
ontslae van die straf van die wet waardeer ons gebonde was.  Die wet kan ons
nou nie meer bind nie want die Gees van God self kom bly in ons.  Jesus het
gekom om die straf  in Hóm te dra.   Ons  word nou deur Sy genade
sonder verdienste  geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. ( Al
het ons almal  gesondig en ons dit ontbreek  aan die heerlikheid van God). 



Noudat ons geregverdig is in Jesus se  bloed, is ons ook nou  gered  van die
toorn van God!  So, jy hoef God nie meer te sien as ‘n boosaardige of wrede
God nie.  Ons lewe nou in die tydperk van genade en Hy, God, is nou ons
Vader.  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om wéér te vrees nie,
maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep:
Abba, Vader! (Rom8:15)  God is vir jou lief!  Die liefde van God vir ons word
hierin geopenbaar,  dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het,
sodat ons deur Hom kan lewe.



Na Jesus se offer aan die kruis was dit dus nou ook nie meer nodig om weer en
weer vir die sonde te offer nie.  Dit het oorbodig geraak dat die priester elke
jaar in die heiligdom moes ingaan met bloed wat nie sy eie is nie.  Nadat Jesus
volgens die plan van God as slagoffer vir die sondes van die mense homself
geoffer het, het Hy vir altyd gaan sit aan die regterhand van God.  Christus het
ons nou losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—
want  daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—



Nou kom ons weer by die eerste vraag uit:  Waar was God toe Sy Seun aan die
kruis gehang het?  En die antwoord is:  Hy was nog altyd daar waar Hy van die
begin af was.  Hy is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en
die laaste.  Hy is die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of
skaduwee van omkering is nie.  (Jak1:17)  Ja, God wás daar en kon duisende
engele stuur om Jesus van die kruis te verlos.  Maar daardie dag was Hy nie
daar vir Jesus nie.  God het Hom, Jesus, vir ‘n kort tydjie minder as die engele
gemaak, sodat ons verlos kon word van die sonde.  Ja, Hy, Jesus het die dood
namens ons gesmaak en as God ingegryp het, was daar geen versoening vir
ons nie!  Dan was daar geen genade vir ons.  Maar Hy (Jesus) is ter wille van
ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die
straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar
vir ons genesing gekom. Ja,God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir
ons gesterf het toe ons nog sondaars was.  “Maar, as die Seun julle dan
vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”  So sê die Woord.



WAAR IS GOD DAN NOU, TERWYL DAAR SO BAIE ONGEREGTIGHEID EN RAMPE  OP DIE AARDE IS?



Weereens, Hy is nog steeds daar waar Hy van die begin af was.  Hy is die Alfa
en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.  Hy is die Vader
van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Ons moet dit nie uit die oog verloor dat sonde deur Adam  in die wêreld
ingebring is nie.  Die sonde is  deur een mens (Adam)  in die wêreld ingebring
en deur die sonde die dood, en so het die dood tot alle mense deurgedring,
omdat almal gesondig het.  Jesus het nie die sonde kom wegvat nie, maar Hy
het die straf vir die sonde , dit wat ons toekom, op Hom kom neem sodat ons
wat geglo het, nie gestraf hoef te word nie.  Daarom het Hy Jesus – Sy enigste
Seun – in ons plek die straf vir die sonde laat dra.  Die aarde sal onder die mag
van die sonde bly totdat God die sonde finaal sal straf en tot niet sal maak. 
Jesus het ook nie die aardbewings en rampe kom stop nie, maar Hy het gesê:
 “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op,
omdat julle verlossing naby is.”   Jes 51:6  Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos ‘n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.
Jes 51:7  Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie;



Met ander woorde, vir die wie Hom aangeneem het, wie geregverdig gemaak
is, in wie se hart my wet is,  sal daar verlossing wees.  Ons lewe nou in die
verganklike en in die sterflike.  Maar daar kom ‘n dag  dat die verganklike met
onverganklikheid en die sterflike met onstreflikheid beklee sal word.  dan sal
vervul word die woord wat geskrywe is: “Die dood is verslind in die
oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?”



Die hele skepping van God sug tesame in barendsnood.  



Ons lees wat Timótheüs sê in 2 Tim 3 vers 1-6.  Hy sê:   “Maar weet dit, dat
daar in die laaste dae swaar tye sal kom.  Want die mense sal liefhebbers van
hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars,
ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde,
onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers
van God;   mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan
verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.  Want uit hulle is die wat in die
huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur
allerhande begeerlikhede gedryf word.”



Jesus het gesê:  “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een
koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en
aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die
smarte.  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle
sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.  En dan sal baie tot
struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.En baie valse profete
sal opstaan en baie mense mislei.   En omdat die ongeregtigheid vermeerder
word, sal die liefde van die meeste verkoel.   Maar wie volhard tot die einde
toe, hy sal gered word.”



Verder sê Jesus:  “In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed,
Ek het die wêreld oorwin.”  Paulus sê dit so treffend: “maar ons roem ook in
die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en
die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop
beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die
Heilige Gees wat aan ons gegee is.”  En dan kom die die antwoord vir almal wat
moeg en moedeloos is en baie vrae vra en geen antwoorde kry nie:  “Want toe
ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose
gesterwe”(Rom.5:6)  Ja, Christus was bereid om vir ons te kom sterwe sodat
daar hoop en vrede vir ons kan wees.  Die mense van die ou testament het
geen egte hoop gehad nie.  Hulle het onder die straf van die sonde gelewe.



‘n Ander feit wat ons in gedagte moet hou is dat God nie mense  siek maak
nie. 
Die siekte wat op hierdie aarde is is nie bedoel vir die kinders van God nie.  God
sal jou nie siek maak net om jou weer gesond te maak nie!  Dit klop net nie!
Jesus het al ons siektes op Hom geneem aan die kruis.  Die mense het hulle
siekes na Hom gebring en die wat van duiwels besete was is ook gebring sodat
Hy hulle kon genees.  Hy het die duiwels met een woord uitgedrywe en almal
wat ongesteld was gesond gemaak.  Dit het gebeur sodat dit wat deur die
profeet Jesaja gespreek was waar geword het.  Jesaja het geprofeteer: “Hy
het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.” (Mat:8:17)  Hy sal
nie al ons siektes op Hom dra en aan die kruis gaan hang, net sodat God ons
weer siek moet maak en daarna weer gesond maak nie.  Dit kan net nie so
werk nie.



Wat genesing vir ons tyd betref, GOD GENEES NOG STEEDS.  Dit kan ek van
getuig.  Een van die baie getuienisse wat ek het is dat toe die dokters raadop
was en niks meer vir my kind kon doen nie, het God haar in een oomblik
genees!  Terwyl sy letterlik besig was om weg te kwyn, nie meer kon loop nie
en nie meer kon eet nie  en geen antibiotika meer gehelp het nie, het God haar
in een oomblik genees.  DIT IS MY GOD WAT NOG STEEDS GENEES. (as jy
belangstel kan ek vir jou ‘n afskrif van die koerant berig van die  gebeure maak
en vir jou stuur)  Soveel keer het God genesing gegee vir my en my vrou en my
kinders!  Soveel keer het God ander wonder dade in my en ons lewe gedoen! 
En Hy doen dit nog steeds!
In sy beproewing het Job gesê:  Maar Hy bly onveranderlik Een—wie sal Hom dan 
teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.” Job23:13)



Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat
was en wat kom, die Almagtige.


Liewe leser, moenie jou laat bluf deur die satan nie.  Hy is ‘n leunaar, ‘n dief
en  ‘n moordenaar.  Hy het gekom om te slag en te steel, maar Jesus het gekom
om LEWE en Lewe in oorvloed te gee.  Jesus het gesê: “Ek is die goeie herder.
Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.  Die dief kom net om te steel en te
slag en te verwoes. Ek het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê.”



 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!    Die
genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen. (Openbaring 22:21)



Jimmy