Search This Blog

Sunday, February 17, 2013

Potholes























Suid Afrikaners noem dit sommer “@!**%POTHOLES
Ja, ons almal ken potholes”  Ek is seker daarvan dat daar nie ‘n plek in ons land is waar jy nie op die bekende agtste wonder van die wêreld sal afkom nie.   

Ja, ‘n agtste wonder is dit beslis, maar een met ‘n verskil.  “Potholes” kom oor feitlik die hele wêreld voor.  Daar is bykans nie ‘n land waar jy dit nie sal aantref  nie.  En as jy gedink het dat hierdie swart gate iets ergs hier by ons is, gaan dink weer!

Hoor wat sê die Engelse van “potholes”.    Driving at night into Emmer Green when I hit this pothole. It has caused rim damage requiring a new wheel, possibly tyre too but I will find out later today when it is swapped to the new wheel. There is also a knocking noise from the suspension...”  ...  “It's all well and good fixing the potholes on the road but what about the ones on the pavements. I live in Gateshead and when I brought to notice that as I am a wheelchair user that the potholes can cause damage to my wheelchair.”

In Amerika en Australië is dit ook ‘n ergenis waarmee hulle maar moet saam leef.

Soos jy van bogenoemde kan aflei, het byde motoris en selfs voetganger ‘n probleem met “potholes”.  Selfs die ouens in rolstoele het ‘n probleem!

Kom ons gaan kyk eers waarom dit “potholes” genoem word.  Ons noem hierdie gate in die pad “slaggate” of “potholes”, maar sommige Suid Afrikaners noem dit sommer “@!**%POTHOLES!”   Hierdie soms “onsigbare” gate wat so skielik voor ‘n  mens kan verskyn, kom in alle vorms en groottes en veroorsaak dat duisende rande se  skade  aan motors, vragmotors en busse aangerig word.  Dit is 'n groeiende fiskale probleem vir die plaaslike, staats-en nasionale begrotings . Maar waar kom die naam vandaan?

Daar is ‘n hele aantal storietjies van waar die naam nou eintlik sy oorprong het, maar ek hou nogal van dié een omdat dit so vêr en lank gelede vandaan kom.  So asof dit die heel eerste begin van die term “potholes” kon gewees het.  Die verhaaltjie lui so:

Folklore het dit dat die beroemde pad bouers van die Romeinse Ryk, meer as 3000 jaar gelede,  ook maar soos ons die  wiele ingespan het om stukke klei wat opgegrawe was en gebruik was om paaie mee te bou,  met hulle  waens vervoer het.  Die klei was in potte vervoer, waarvandaan dié naam. (potte/klei)    Die Romeinse paaie is egter ook van ‘n kombinasie van  van klippe, kalk, natuurlik sand en soms metaal gemaak.
 

Teen 1909, toe die motor sy opwagting gemaak het en die paaie van toe ook maar somtyds onbegaanbaar was, het die term “slaggat,”  oftewel “pothole” ook spoedig sy pad na die Amerikaanse taal gevind. 
Die res is geskiedenis.

Aan die  Amerikaanse Weskus, word daar  dikwels van  die term "chuckhole" in plaas van “pothole” gebruik gemaak.    Die woord is afgelei van die reis wat die skrywer EL Wilson met sy wa in 1836  vanaf  New Jersey tot by  Ohio onderneem het. Die pad was glo so vol gate dat dit hom ‘n leeftyd geneem het om die stamperige reis te voltooi.

Kom ons kyk hoe die woord “pothole” in Engels  geidentifeseer word:

pot·hole

(pot-hohl)
noun
1.  a deep hole; pit.
2.  a hole formed in pavement, as by excessive use or by extremes of weather.
3. more or less cylindrical hole formed in rock by the grinding action of the detrital material in eddyingwater.
4. a cave opening vertically from the ground surface.

 Hoe vorm ‘n “pothole” in die pad?  Met al die swaar verkeer op ons paaie, asook die seisoens veranderinge, begin krake op die oppervlak van die pad te vorm.  Uitsetting en inkrimping wat die gevolg van hitte en koue is asook reënwater, dra dan by tot die vorming van groter krake en uiteindelik, sonder deeglike en beplande pad onderhoud, volg hierdie genadelose    “slaggate”

Ernstige ongelukke is al deur hierdie euwel op ons paaie veroorsaak.  Baie lewensverlies kom ook jaarliks voor as gevolg hiervan. 

Dit is dus van die uiterste belang dat daar gedurig bedag op hierdie pad moordenaars  moet wees.  Hou jou oë gedurig op die pad, hou by jou spoed en ry selfs stadiger wanneer jy op ‘n pad met “potholes” bestuur.

 Hoeveel  dink jy beloop die koste verbonde aan die herstel van “potholes?”

Om “potholes” regoor Engeland en Walles te herstel, het dit die regering in 2011 ‘n astronomiese 90 miljoen pond uit die sak gejaag en 1.7 miljoen “potholes” is herstel. 

Suid Afrika se 3 jaar program om “potholes” te herstel sal  R22 biljoen beloop.   Dit sal ook meebring dat daar vir 70000 mense werk  geskep sal  word.  So het die minister van vervoer, Sibusiso Ndebele tydens die lootsprogram in 2011 in Durban aangekondig.  Nou, bykans 2 jaar later wonder mens hoeveel van ons land se “potholes” wel herstel is en hoeveel nuwe “potholes” daar intussen bygekom het.


Maar so aan die ligter kant. 

Moet “potholes” net in ‘n negatiewe lig gesien word?  Siende dat dit so te sê ‘n uitgemaakte saak is dat ons vir altyd daarmee saam sal moet lewe, kom ons probeer om hierdie derduiwel grapsgewys  ‘n ander baadjie aan te trek en in ‘n meer ligtelike luim daarna te kyk.


Kyk hierna:    

   Die dag as die munisipale dienste nie gelewer kan word nie, kan jy sommer by die “pothole” jou wasgoed was.  Probleem opgelos!



Wil jy bietjie gaan hengel maar die petrol prys het so die hoogte ingeskiet?   Hier is jou oplosing!





                              
Wat van die baba sommer so lekker in die buitelug doop?  Waarom nie?



Of as die kinders verveeld raak in die huis, stuur hulle buiten toe om met die eendjies in die water speel.





Op ‘n lekker warm dag as die dorp se swembad te vol mense is, gaan sommer na jou plaaslike “pothole”



                                 Of, verfraai jou straat voor jou huis!




Nou ja, met “potholes” wat maar altyd by ons sal wees, sal ons seker maar verlief daarmee moet neem.  Kom ons maak die beste van ‘n slegte saak.  Of soos die burgemeester van Johannesburg die swak infra struktuur benader.      "It’s okay! He’s sorting that shit out".( www.buzzfeed.com/reddit/it’s-okay-hes-sorting-that-shit-out )


 En laat ons maar hoop dat hulle eendag ál die “potholes” sal herstel.  Dan sal dit weer wees net soos in die goeie ou dae!

 As jy ‘n problem met potholes het, kontak dan:      www.dialdirect.co.za

Groete van pothole tot pothole!

Jimmy



visit my art blog at : www.artbrushjim.blogspot.com

2 comments:

  1. Ek hooor hulle noem nou vir Hopetown the holy city, wantndaar is net holes

    ReplyDelete
  2. Een groot gat ! kan dit ook as besienswaardigheid verklaar!

    ReplyDelete